Nuusbrief 1/2016

Liewe Ouers,

Edlenertjies en sy personeel heet al ons nuwe en ingeskrewe kleuters en ouers hartlik welkom. Ons vertrou dat u die feesseisoen geniet het en wens u ‘n nuwe jaar vol vreugde en geluk toe. By Edlenertjies is u en kleuter/s baie spesiaal.

Personeel:

Hartlik welkom terug aan u almal. Doen u bes en God sal sorg vir die res.

 

Graag gee ons die volgende reëlings deur: 

 

FINANSIES:

Finansies is ‘n belangrike aspek van ‘n skool. Die skool kan nie voortbestaan as ons nie ons maandelikse fooie getrou betaal nie. Ons doen dus ‘n vriendelike beroep op u om u skoolgelde stiptelik te betaal. Ons is selfonderhoudend en ontvang geen hulp van die onderwysdepartement nie. Baie dankie vir u samewerking in hierdie verband.

Alle fooie is vooruitbetaalbaar voor die 3de van elke maand.

Skoolgelde:

Registrasie: R350 per kleuter – eenmalig – nie terugbetaalbaar nie.

Halfdagfooi: R1370 per kleuter x 11 maande – betaalbaar vanaf 1 Jan tot 1 Nov.

Voldagfooi: R1920 per kleuter x 11 maande – betaalbaar vanaf 1 Jan tot 1 Nov.

Skryfbehoeftes:

Gr. R – (Voëltjies, Besies, Vissies en Hondjies )  –  R500.00 per kleuter.

Bytjies, Beertjies, Skoenlappers, Eendjies en Hasies  –  R350.00 per kleuter.

U kan u kleuter/s se maandelikse gelde by die kantoor kom inbetaal of u kan dit direk in Laerskool Edleen se Bankrekening inbetaal. Edleen Pre-primêre Skool sowel as Laerskool Edleen Naskoolsentrum se Bankrekeninge is by Absa gesluit. Maak asseblief seker u gebruik onderstaande bankbesonderhede om u kleuter/s se gelde in te betaal.

Bankbesonderhede:

Laerskool Edleen

ABSA (632005)

260750534

Verwysing: Gebruik verwysingsnommer op u rekeningstaat (Indien u nog nie nommer ontvang het nie skakel asb vir Charina by – 011-393 4214).

Fooie vir Januarie, Registrasie en Skryfbehoeftes was alreeds betaalbaar. Baie dankie!!!!!.

Buitemuurse Aktiwiteite:

Buitemuurse aktiwiteite sal vanaf 1 Februarie in aanvang neem. Indien u sou belangstel, kom haal ‘n inskrywingsvorm in die kantoor. Betalings moet asseblief per EFT gedoen word. Indien u regtig nie ‘n EFT kan doen nie, moet die geld in ‘n aparte gemerkte koevert deur USELF in die verskillende posbusse in kantoor gepos word en nie saam met die skoolgeld betaal word nie. PPS Personeel gaan geen gelde ontvang nie en kan nie verantwoordelik gehou word vir buitemuurse gelde nie. U moet ook asseblief self die betrokke persone skakel indien u enige navrae in verband met bogenoemde aktiwiteite het. Kontaknommers is op alle inskrywingsvorms.  Baie dankie vir u samewerking.  

 

Algemene Reëls:

Hekke:

Wees asseblief geduldig nadat u die klokkie gelui het. Wag asseblief vir die “buzz” geluid voordat u die hekkies oop trek of stoot. Moet asseblief nie aan die hekkies pluk nie – die slotte breek dan maklik. Dankie vir u geduld!!  Die klein hekkie  (Vissieklas) is slegs vir personeel gebruik. U mag ook nie by die skoolgronde inry om u kleuter op of af te laai nie. Dis ‘n reël van die Laerskool. Maak asb. net gebruik van die hekkies wat by die Edlenertjiebord is en volg die paadjie na die klasse. Maak asseblief DIE hekke agter u toe. Dis in u kleuter se eie belang – baie dankie.

Afhaal van kleuters:

Teken asb. u kleuter uit wanneer hy/sy afgehaal word. Skryf ‘n briefie of skakel indien iemand anders u kleuter kom haal.

Kommunikasieboekie:

Teken asb. die boekie en maak seker u stuur die boekie die volgende dag terug. Kwitansies word agterin boekie geplak. Kommunikasieboek sal slegs in die tas wees wanneer daar ‘n brief uitgaan.

Ure:

7:00  –  17:30. ‘n Boete sal gehef word indien u laat is, R30 vir elke 5 minute vanaf 17:30. (Let asseblief daarop dat die PPS se hekke soggens eers om 7:00 open). Moet asseblief nie die klokkie aanhoudend druk nie. Die juffrou sal die hekke oopmaak sodra sy aan diens kom. Pascal, ons sekuriteitswag, mag nie die hekke oopsluit voordat daar nie ‘n personeellid aan diens is nie. U mag  ok nie u kleuter/s voor skool in die sorg van Pascal laat nie. Hy kan nie verantwoordelik gehou word vir u kleuter/s se veiligheid wanneer u hom/haar vroeër aflaai nie.

Halfdag kleuters mag nie later as 14:00 afgehaal word nie. Indien u later as 14:00 u halfdag kleuter/s kom afhaal sal daar ook ‘n boete van R30 vir elke 5 minute vanaf 14:00 gehef word. Indien u dit dalk nodig vind om u halfdag kleuter dalk op ‘n sekere dag voldag te laat bly, moet u die skool skakel om die nodige reëlings met die kombuis te tref en u kleuter kan dan die middag by die skool eet. ‘n Ekstra fooi vir die middag van R80 is betaalbaar by die kantoor.

Graad R Kleuters:

Moet asseblief alreeds 7:30 by die skool wees. 

Verkope: 

Geen personeellid of ouer mag persoonlike verkope op die perseel bedryf nie. Dit sal streng beheer word. 

Skooltas:

Elke kleuter moet elke dag ‘n duidelik gemerkte tas of rugsak saambring skooltoe. Die tas moet groot genoeg wees vir u kleuter se skoene, baadjie, “prentjie” en kommunikasieboekie.

Klere:

Alle klere moet duidelik gemerk wees en ‘n ekstra stel klere moet daagliks in die tassie saamkom skool toe. Indien u tuis uitvind dat u die verkeerde klere of skoene geneem het besorg dit asseblief terug. Dit is so hartseer dat so baie verlore klere by die skool rondlê. Volg dit dadelik op! Ons gaan regtig verlore klere wat nie opgeëis word nie, elke 2 weke aan minderbevoorregte kinders skenk.

Kaalvoet:

U word aangemoedig om u kleuter gedurende die warm somermaande kaalvoet te laat skool toe kom. Stuur ook ‘n sonhoed saam. Sonbrandroom moet reeds tuis aangewend word of indien anders gereël met Juffrou. Dis soms baie warm!!!

Kopluise:

Dit is so dat kopluise graag skoon hare besoek. Asseblief ouers help ons om gereeld u kleuter se kop te ondersoek. Sien aangehegte brief vanaf die Gesondheidsdepartement. Daar gaan streng opgetree word wanneer u kleuter/s luise het. U kleuter/s se juffrou gaan u dadelik skakel om u kleuter/s te kom haal wanneer u kleuter/s luise het. Kopluisinspeksie gaan elke 2 weke gehou word. Eerste inspeksie is Maandag 25 Januarie. Dankie vir u samewerking in die verband. 

Medisyne:

Alle medisyne moet in die medisyneboek (in die Miernes)  opgeskryf word. Geen medisyne wat in die kleuter se tas gelaat word sal aan hom/haar gegee word nie. Medisyne wat voor tien in die oggend toegedien moet word moet verkieslik tuis gedoen word. Indien dit nie moontlik is nie moet die personeellid op vroeë diens of u kleuter se juffrou ingelig word.

 

Eetgoed:

Ons versoek u om geen kos, koeldrank, vrugte of lekkers saam met u kleuter/s te stuur nie. Ontbyt moet by die huis gegee word. Slegs halfdagmaats wat vir boetie / sussie / mamma / pappa / ouma / oupa onder die lapa wag, mag ‘n broodjie bring om daar te eet.

 

Speelgoed en ander:

Speelgoed en juwele moet asseblief ook liefs by die huis gelaat word. By die skool word dit net gebreek of raak weg en veroorsaak onenigheid. Ons vra ook dat u asseblief nie kussings, komberse, selfone en geld saam u kleuter/s stuur nie. Hul mag glad nie gedurende skooltyd snoepie toe gaan nie. U kan egter u kleuter/s self na die snoepie toe neem om te gaan koop wanneer u hom/haar kom afhaal. 

Oproepe gedurende skoolure:

Indien u met u kleuter/s se juffrou gedurende skooltyd wil praat, sal Charina ‘n boodskap neem en juffrou kan u dan gedurende “pouse” terug skakel of u kan juffrou gedurende “pouse” skakel. (Tussen 10:30 tot 11:45). Ongelukkig mag die juffrou nie uit haar klas geroep word vir ‘n oproep nie. Ons mag ook nie personeellede asook ouers se telefoonnommers uitgee nie.

 

EDLENERTJIE KEN-MEKAAR-BRAAI:

Vrydagaand 5 Februarie 2016 vanaf 17:30 – 21:00 by die lapa op die Rugbyveld. Vure sal voorsien word. Bring asb. u eie eetgerei, stoele, klein opvou-tafeltjie, vleis, bykosse en drinkgoed. Kom geniet die aand saam met ons en kom ontmoet u kleuter se maatjies en hul ouers. Meer inligting volg later. 

Valentynsoggend:

Ons wil ook hierdie dag (12 Februarie) vir die kleuters spesiaal maak. Ons vra dat u asb u kleuter/s op hierdie dag sal tooi in wit en rooi en R10 by sy haar juffrou sal inbetaal. Baie dankie.

Valentynsdans:

Kom dans lekker saam op Vrydagaand 12 Februarie 2016. R120.00 per paar. R60.00 enkelkaartjies. Bring eie hap en snap. Kaartjies beskikbaar vanaf 27 Januarie 2016 in die Kantoor. Daar sal toesig vir kinders in die Miernes wees teen R50.00 per kind. Slegs tot 23:00 (11uur)

 

TE KOOP:

Groen Edlenertjie Golf-hemp (R100) te koop in die kantoor vir al ons kleuters. Gr R en Gr RR maats moet egter asb so ‘n hempie aankoop vir ons Tjokkeratletiek wat op Saterdag 9 April by Laerskool Impala (Stralejakkers) plaasvind. U kan ook solank ‘n wit rugbybroekie/skipants aankoop. Rugbybroekies te koop by Pep, Woolies en Ackermans. Gaan koop maar die rugbybroekies betyds voor dit uitverkoop is. Meer inligting rondom Tjokkeratletiek sal later aan u deurgegee word. Hou solank die datum oop asb sodat al ons maats op daardie dag dit kan bywoon. Pette sal ook later in die kantoor te koop wees vir die Tjokkeratletiek. 

 

FONDSINSAMELING/SPUR-AANDE:

‘n Lekker kuier-aand saam met u kleuter/s, vriende en familie by die Spur. ‘n Deel van die aand se omset kom na Edlenertjies. Datums sal elke keer aan u deurgegee word. Ondersteun ons asseblief.

Ons eerste Spur aand is op Dinsdagaand 5 April 2016 vanaf 18:00 tot 21:00 by Greenstone Mall.

 

Baie dankie vir u samewerking, ondersteuning en geduld. Edlenertjie-ouers is TOPS!!!!

 

EDLENERTJIEGROETE

Martie Momberg

(Hoof)

 

Indien ‘n ouer enige probleem het skakel asseblief Martie by 011-393 4214. Moet asseblief nie probleme met personeellede en ander ouers bespreek nie. 

Addisionele kontaknommer vanaf 13:30: 011-393 6667

 

BELANGRIKE DATUMS – 1 STE KWARTAAL

Vrydagaand 05 Feb Ken mekaar braai
Vrydagoggend 12 Feb Valentynsoggend vir kleuters
Vrydagaand 12 Feb Valentynsdans
Vrydagoggend 26 Feb Cupcake Verkoping (Gr RR)
Vrydagoggend 11 Maart Individuele Fotos
Dinsdag 15 Maart Verslae na ouers
Woensdagaand 16 Maart Oueraand – slegs per uitnodiging
Vrydag 18 Maart Skool sluit (Miernes oop gedurende vakansie)
Dinsdag 5 April Skool open weer op

 

Gholfdag:

Aandag – Aandag – Aandag – Aandag!!!!!

Laerskool Edleen – Gholfdag – Vrydag 6 Mei 2016.

Kom bespreek jou 4 Bal vroegtydig. Vir meer inligting kontak Cobus Muller – 084 511 2802

 

ONS BENODIG – ASSEBLIEF:

  • Gebruikte A4 papier wat slegs aan die een kant gebruik is
  • 1 Pak Wet-wipes asb (U kan maandeliks stuur asb)
  • 1 Boks Tissues (maandeliks asb)
  • Indien u dalk ou tupperbakkies of plastiekbakkies het wat u nie meer gebruik nie – ons kan dit in sandput gebruik – groot asseblief.