📞 011 393 4214
✉️charina@edlenertjies.co.za

EDLENERTJIES

Erika Vermaak
Hoof Edlenertjies

hoof@edlenertjies.co.za

Edlenertjies is die Pre-Primêre skool op die terrein van Laerskool Edleen.
Die skool het in 1996 geopen met een onderwyseres en vyf kleuters.
Dit het gegroei tot 120 kleuters. Ons spog met ‘n lojale, roepingsbewuste personeel wat bestaan uit sewe onderwyseresse, twee assistente, ‘n sekretaresse, drie middagdames, en vier hulpe.
Ons leuse “Jy is spesiaal” word ook uitgeleef met vriendelikheid, empatie en liefde teenoor ons kleuters.
Op opvoedkundige gebied word die volgende gestimuleer:
Groot motoriek
2. Fyn motoriek
3. Visuele persepsie
4. Ouditiewe persepsie
5. Taalontwikkeling
6. Kognitiewe ontwikkeling
7. Skeppende kreatiwiteit
8. Musiek
Emosionele en sosiale ontwikkeling geniet ook aandag.
Sinvolle evaluering word toegepas. Vorderingsverslae word op ‘n gereelde basis uitgestuur.
Op kultuurgebied neem ons jaarliks deel aan die plaaslike kunswedstryd.
Elke ouderdoms groep spog jaarliks met hul eie konsert.
Ons sluit jaarliks af met spog geleenthede soos ons Graad R Gradeplegtigheid en konsert.
Temagerigte instappies word twee keer per jaar gereël.
Groot verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite word aangebied deur opgeleide persone teen addisionele fooie
Ons bied ook ‘n voldagfasiliteit met ‘n goed toegeruste nasorgsentrum onder volwasse toesig. Gebalanseerde maaltye word voorgesit.
Fondsinsamelingsprojekte word met groot sukses geloods.
                                                 Edlenertjies is propvol geluk, liefde en glimlaggies.